Month: Maart 2019

God Se genadegawes

“Minder as die minste van God se gunsbewyse” was die woorde wat die 17de eeuse Engelse digter en prediker, George Herbert, op sy seëlring laat aanbring het. Hy het al sy briewe en geskrifte so onderteken. Jakob het woorde met min of meer hierdie betekenis uitgespreek toe hy God se goedheid ten spyte van sy eie sonde en skande oordink…

aanmaners

Jill Price het ’n buitengewone geheue gehad, soveel so dat selfs wetenskaplikes deur haar vermoë verbyster was. In 2006 het ’n wetenskaplike joernaal van haar oorontwikkelde geheue melding gemaak: A Case of Unusual Autobiographical Remembering. Price besit nie ’n spesiale gawe om woordelyste, nommers, feite of tale te memoriseer nie. Maar sy kan onthou wat op elke spesifieke dag die…

moenie Vergeet nie

Een van my geliefkoosde strokiesverhale is getitel: Superman in sy latere jare.” Dit wys die bejaarde Man van Staal waar hy hoog in die lug in ’n versterbank sit, gereed om te spring. Dan kyk hy skielik om en vra: “Waarheen wou ek gegaan het?” Ja, ons almal begin een of ander tyd vergeet en alhoewel dit soms komies of…

tot redding kom

Ek en Martie het onlangs verskeie groot wêreldstede besoek en ons is diep getref deur die toestand van die wêreld. Daar is letterlik miljoene mense wat nog nooit van Jesus en sy reddende genade gehoor het nie. Die gedagte om die wêreld vir Christus te bereik, het meteens vir ons onmoontlik gevoel. Maar toe het ek die storie van die…

God Se helpers

Ek het ’n gesprek met ’n aantal kinders gevoer oor God en magtige helde toe Tobias skielik ’n vraag gestel het. Die intelligente, weetgierige vyfjarige seun het die vraag gestel aan enigeen wat wou luister: “Het God ook ’n spesiale helper soos Hercules?” Sy ouer broer van sewe, wat al ’n bietjie wyser was, het vinnig geantwoord: “Ja, Hy het…

god se flenniebord

In hierdie tydperk waar videotegnologie beskikbaar is, is dit moeilik om te glo dat baie onderwysers steeds ’n flenniebord gebruik om Bybelstories aan die kinders oor te dra. Ek onthou hoedat my Sondagskoolonderwysers daardie plat aanplakborde gebruik het waarop hulle prente van David, Daniël, Jona, Jesus en ander karakters kon vasheg. Hierdie borde het die onderwysers gehelp om die inhoud…

is dit wel?

Terwyl die koor van ’n hoërskool voorberei het om die pragtige lied van Horatio G. Spafford, Dit is wel met my siel, te sing, het ’n tiener na vore getree om die agtergrond van die lied te skets. Spafford het die lied geskrywe terwyl hy op ’n skip gereis het in die omgewing van die plek waar sy vier dogters…

wat bring geluk?

Na die Tweede Wêreldoorlog het Richard Easterlin die gevolge van die na-oorlogse ekonomiese voorspoed in Japan ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat finansiële groei en geld nie altyd geluk bring nie. Betsey Stevenson en Justin Wolfers daarenteen het ondersoeke in 100 nasies ingestel en bevind dat lewensgeluk en tevredenheid die hoogste is in lande waar geld volop is. Wie…

’n magtige Stroom

Toe ek ’n tiener was, het my pa, ooms, neefs en ek forelle gaan vang in die waters van die Sacramento rivier in Kalifornië. Die bron van die rivier se waters is gesmelte sneeu, daarom is dit skoon, koud en verfrissend. My neefs en ek kon nie die versoeking weerstaan om in die koue water te staan terwyl ons visgevang…

God is hier

Leslie en haar twee dogters sou binnekort uit hulle huis uitgesit word. Alhoewel Leslie geglo het God kon help, het Hy sover nog geen teken gegee van hoe Hy sou ingryp nie. Sy het verdwaas gewonder: Waar is God? Terwyl sy na die hofsaal gery het, het sy steeds gebid dat die Here sou ingryp. Toe hoor sy skielik ’n…